Bookmark : https://www.imbuko.co.za/news/press-releases/kleurvolle-erfenis-dag-vir-die-hele-familie-by-imbuko-wyne-in-wellington/?id=244&entryId=67

Press Releases

Kleurvolle erfenis dag vir die hele familie by Imbuko Wyne in Wellington

Kom vir jou Erfenis hierdie jaar in a prettige, kleurvolle en jollige manier by Imbuko Wyne.

Op die 24ste September hou Imbuko weer hul 6de agtereenvolgende Erfenis Dag/Braai Dag in samewerking met National Erfenis dag in Suid Afrika. Op hierdie dag kom vier Suid-Afrikaners fees om braaivleis vure, ons deel in ons geskiedenis en ons wapper ons vlag met trots.  

Imbuko, bekend vir hul innoverende & smaakvolle wyne sal hierdie jaar verskillende wynstalletjies hê wat elkeen die diversiteit van hul handelsmerke sal uitbeeld. Du Plevaux Wyne met ‘n stylevolle swart & wit tema, Imbuko Wyne wat ‘n kleurvolle Afrika in a modieuse oerwoud tema, Pomula Wyn Spritzers wat ‘n strand partytjie in prettige pastelle uitbeeld en die Van Zijls reeks wyne wat ‘n vakansie in die befaamde Hamptons sal ewe beeld. 

Terwyl gaste ‘n yskoue glas wyn geniet sal hul vermaak word deur die bekende plaaslike musikante, Newton & Co. asook die wel-bekende Gerry Liberty.

Smaaklike kos en lekkernye sal te koop wees en word voorsien deur van Suid-Afrika se beste “Kos-Trokkies” en sluit in Gerookte Beef Brisket, Pizzas, Kalamari, Mediterreense Pita’s, Biltong Pasteie en Gerookte Ribbetjies en meer. 

Vir die Kleinspan  sal daar ‘n “Kids Zone” onder toesig van die Imbuko span en sluit in speletjies soos Zorb opblaas balle, ‘n verskeidenheid springkastele(van klein tot groot), ‘n kuns area, ‘n lekkergoed stasie, roomys stalletjie en gesigverf. Kinders onder 18 kan gratis Erfenis dag by Imbuko kom geniet.

Kaartjies kos slegs R125 per persoon en sluit in ‘n wynglas en 4 glase wyn (een by elke handelsmerk stasie). Vir die 100 gaste wat arriveer is daar geskenksakke gevul met heerlike Suid-Afrikaanse produkte. 

Kaartjies kan gekoop word by Webtickets aanlyn (www.webtickets.co.za) of by jou plaaslike Pick & Pay. Daar is slegs 500 kaartjies beskikbaar en dit verkoop reeds weke voor die dag uit, so vinnig spring.

Vir meer inligting besoek gerus hul webtuiste by www.imbuko.co.za of hul Facebook Bladsy by www.facebook.com/imbuko.

Wine Tasting Experience

Opening hours
Monday - Friday: 9:00 - 16:00
Saturday: 9:00 - 13:00
Public holidays: 9:00 - 13:00

International Exports

International bulk wine exports

CONTACT
Delivery/returns Policy